Psigodinamiese terapie

Psigodinamiese terapie is 'n vorm van diepte-sielkunde. Die primêre fokus is om die onbewuste inhoud van 'n pasiënt se psige te openbaar in 'n poging om psigiese spanning te verlig. Dit hou dus verband met psigoanalise, maar is gewoonlik van korter duur en minder intensief as psigoanalise. Psigodinamiese terapie maak ook meer gebruik van die interpersoonlike verhouding tussen die pasiënt en terapeut. Die benadering is ook gewoonlik meer eklekties en maak gebruik van tegnieke uit verskillende bronne, eerder as om staat te maak op net een teorie of benadering.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne